Ma van baba wat onder boom gekry is, in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

VRYSTAAT. – Die ma (25) van ’n twee dae oue baba wat Vrydag (12 Desember) in Brandfort verlate onder ‘n boom gevind is, is deur die Brandfort-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe opgespoor en in hegtenis geneem. Sy word van poging tot moord aangekla.

Luidens ‘n verklaring van sers. Mahlomola Kareli is die baba omstreeks 15:00 naby ’n staproete op die R30, Theunissen, ontdek. ‘n Man en sy neef het die baba onder ‘n boom gekry, nadat ‘n onbekende man hulle aandag op die baba gevestig het. Die goeie Samaritane het die baba na hulle huis geneem en onmiddellik die polisie en nooddienste ontbied. Die baba is daarna vir mediese ondersoek en versorging na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Die ma sal binnekort op die aanklag van poging tot moord in die Theunissen-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief