Brekende Nuus
Afrikaans

Ma van verlate pasgebore baba gesoek

Die ma van 'n pasgebore babadogter wat naby 'n begrafnisondernemer gelaat is, word gesoek.

Foto: Ter illustrasie Canva
Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die ma van ‘n babadogter wat Vrydag naby ‘n begrafnisondernemer in Lusikisiki gelos is, word gesoek.

Kapt. Welile Matyolo sê die pasgebore baba is omstreeks 18:30 gevind. Sy het ‘n weggooidoek aangehad en was in ‘n laken toegedraai.

Die baba is in die hospitaal opgeneem.

Die Lusikisiki-polisie vra enigiemand met inligting oor die baba se biologiese ma om na vore te kom.