Ma vermoor, dogter verkrag – verdagte in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Verdagte man (33) is deur die Bandelierkop-polisie in hegtenis geneem nadat hy glo Sondag eers sy lewensmaat (36) verkrag en in ‘n puttoilet gegooi en daarna haar dogter (16) verkrag het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die brutale moord wat op die verkragting gevolg het, het die gemeenskap geskok. Die verdagte het glo Sondagoggend omstreeks 02:00 die tiener wakker gemaak en onder voorwendsel om haar ma te gaan soek, haar na plaaslike tavernes geneem waar haar ma glo die vorige dag gesien is.

Luidens die verklaring het die verdagte die minderjarige by Vleifontein in bosse langs die plaaslike begraafplaas verkrag toe hulle nie die oorledene kon opspoor nie. Die tiener is daarna huis toe gestuur. Sy het die verkragting aan ‘n gemeenskapslid gerapporteer en die polisie is ontbied. ‘n Saak van verkragting is geopen en die verdagte is gesoek en in hegtenis geneem.

Ledwaba sê die verdagte is Maandag ondervra, waartydens ontdek is die lewensmaat is vermoor. Die liggaam is in ‘n puttoilet by ‘n plaaslike skool gekry.

Die verdagte staan op aanklagte van moord en verkragting tereg. Hy sal na verwagting binnekort in die landdroshof voorkom. Die polisie veroordeel die misdaad wat gedurende vrouemaand gepleeg is en gaan voort met die ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief