VRYSTAAT. – ‘n Ma (37) is vir die mishandeling van haar dogter (9) deur die Bloemfontein-landdroshof tot vyf jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.
Sers. Sinah Mpakane sê die leerling se onderwyseres het op 23 April krapmerke aan haar gesig opgemerk.
Die onderwyseres het ‘n nota oor die leerling se gedrag aan die ma gestuur. Op 24 April het die meisie weer met krapmerke aan haar gesig by die skool opgedaag en gesê dit is deur ‘n hond veroorsaak. Die ma is ingeroep en daar is vasgestel sy is vir die beserings verantwoordelik. Die onderwyseres het die beserings aan die polisie gerapporteer, waarna die ma gearresteer is.
Sers. von Willing van Mangaung GKS het saam met die staatsaanklaer gewerk om geregtigheid vir die jong meisie te laat geskied.





