Ma vir ‘kinderverlating’ in arres na baba uit drein gehaal is

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma (32), ‘n Lesotho-burger, is vir beweerde kinderverlating gearresteer en by Verulam-polisiestasie aangehou nadat haar babadogter Sondagmiddag uit ‘n stormwaterdrein gered is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die ma is 17 uur nadat die pasgeborene gered is, in hegtenis geneem. Volgens Rusa is ‘n wenk ontvang van ‘n baba wat met ‘n keisersnit gebore is, wat lyk soos die baba op die foto’s. Die ma se identiteit is Maandagoggend vasgestel en sy is in Hazelmere opgespoor. ‘n Plastiek hospitaalbandjie, met die baba se naam, is in haar kamer gekry.

Die vrou het volgens inligting twee jaar gelede van Maseru in Lesotho na Suid-Afrika gekom. Sy het twee kinders, 11 en 5 jaar oud in Maseru, wat sy agtergelaat het om werk in Suid-Afrika te kry. Sy het aanvanklik in Suid-Afrika gewerk. Die pa van die pasgeborene het na die geboorte nie met haar gekommunikeer nie en het haar voorheen van buite-egtelike verhoudings beskuldig.

Sy het glo aan Rusa gesê sy het die baba in ‘n swart sak gesit met die voorneme om haar in die stormwatersloot neer te sit, maar op pad na die drein toe het ‘n motor nadergekom en sy het die baba in die rigting van die drein gegooi en weggehardloop.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief