Ma waarsku oor hondsdolheid nadat rob dogter aanval

Lees ook :

Foto: Anndri Garrett

WES-KAAP. – Aila Garrett is op Fynbosstrand tussen Gouritzmond en Stilbaai deur ‘n rob aangeval. Haar ma, Anndri Garrett, waarsku daar moet versigtingheid aan die dag gelê word wanneer daar op strande en in die see beweeg word.

Garrett sê in ‘n sosialemediaplasing kinders het op Sondag 23 Maart in ‘n vlak rotspoel gesnorkel toe die rob vanuit die niet gekom en Aila aangeval het. Aila het probeer om die rob af te weer, maar is aan haar hand gebyt voordat sy van die dier kon wegkom. Dr. Patel het dieselfde aand op Aila opereer en Garrett bedank Patel, sowel as George Mediclinic en Geneva-hospitaal vir hulle hulp.

Die grootste bekommernis was Aila se moontlike blootstelling aan hondsdolheid en die nodige protokol is dadelik gevolg, waarna sy steeds vir drie weke na die aanval inspuitings moet kry.

“Niemand weet wat die akkurate voorkoms van hondsdolheid onder die plaaslike robbevolkings is nie, maar daar was onlangs verskeie bevestigde positiewe gevalle. Die bedreiging is werklik. Wees asseblief baie versigtig op ons strande en in die see. Vermy enige kontak met robbe en wees veral waaksaam om nie toe te laat dat jou honde kontak met robbe – dood of lewendig – op die strande het nie.
Behandel enige byt deur ‘n rob as ‘n mediese noodgeval – kry so gou moontlik die hondsdolheid-protokol ná blootstelling. Die belangrikste stap is om die wond sonder versuim deeglik met ontsmettingsmiddel te was.

Hondsdolheid is byna altyd dodelik wanneer dit opgedoen word. Die enigste kans op oorlewing lê in voorkoming. Maak seker jou troeteldiere is op datum met hul hondsdolheid-inentings, VERAL daardie honde wat op strande gaan stap. Dankie René Griesel en Corneels Verster vir julle vriendelike telefoniese bystand tydens hierdie baie traumatiese beproewing.”

Garrett sê in die plasing hulle is vol vertroue dat Aila sonder enige verdere probleme sal herstel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief