Ma wat ‘baba uit bakkie gooi’ vir moord aangekla

Lees ook :

Foto's: Dr. Nasiphi Moya X-profile

GAUTENG. – ‘n Ma het glo Maandag haar 4 maande oue baba by ‘n bakkie se venster uitgegooi, waarna sy op aanklag van moord in hegtenis geneem is.

Kapt. Johan van Dyk sê aan Nuusflits Pretoria-Noord-polisie is omstreeks 12:30 na ‘n moontlike moordtoneel op die R101-pad ontbied. Op die toneel is vier persone langs ‘n wit bakkie aangetref. Die bestuurder van die voertuig het aangedui die ander drie persone is passasiers wat met ‘n geleentheid gehelp is. ‘n Vroulike passasier was met haar baba na die kliniek onderweg. Die bestuurder het glo vir haar verduidelik hy gaan, voordat hy haar en die baba by die kliniek aflaai, nog ‘n persoon oplaai, waarop sy ingestem het. Met dié wat hulle verby die kliniek se afdraai ry, het die vrou na bewering gevra waarheen hulle gaan en die man het haar weer ingelig hulle gaan eers die ander persoon haal.

Van Dyk sê die ma het skielik die baba by die bewegende bakkie se venster uitgegooi. Die baba het op die teerpad beland. Die ma het ook uit die bewegende bakkie probeer spring, maar is deur die ander vrou in die bakkie gekeer. Nadat hulle stilgehou het, is nooddienste ontbied en die baba is dood verklaar.

Die vrou het verduidelik sy het gedink sy word ontvoer en het probeer ontsnap. Die ma is gearresteer en vir moord aangekla. Sy het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief