Ma wat glo nie dogter se verkragting aanmeld nie, gewaarsku en vrygelaat

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Ma (31) van Lindelani, Benoni, is Dinsdag deur die Tsakani-landdroshof met ‘n waarskuwing vrygelaat nadat sy aangekla is van die bevordering van seksuele uitbuiting van ’n kind deur ’n primêre versorger en van versuim om ’n seksuele misdryf teen ’n kwesbare kind aan te meld. Die kind het swanger geraak en geboorte gegee.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê tydens die borgtogaansoek het die ma aangevoer sy sorg vir twee kinders, insluitend ’n borsvoedende baba en is geen vlugrisiko nie. Ntethelelo Ngcece, die staatsaanklaer in die saak, het die aansoek weens die ernstige aard van die misdryf teengestaan, asook die risiko dat sy die slagoffer kan beïnvloed.

Die ma het ook haar slagoffer-dogter ‘n mengsel laat drink toe die swangerskap bekend geword het. Die slagoffer was nie teen haar ma se vrylating op borgtog gekant nie, mits sy buite Limpopo bly. Haar ma moet egter steeds die hofverrigtinge bywoon.

Die landdroshof het haar vrygelaat en bevind sy is nie ’n vlugrisiko nie. Die saak is uitgestel tot 25 September 2025 vir ’n streekprokureur se besluit.

Lees ook meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief