Buitelander se ‘gesteelde voertuig’ onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Buitelandse burger (49) is Dinsdag op die N1, onderweg na Polokwane, met ‘n beweerde gesteelde Toyoto Corolla Cross Hybrid, ter waarde van R400 000, in hegtenis geneem.

Luidens ‘n verklaring deur kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, is die voertuig in Januarie in Heidelberg, Gauteng, gesteel. Inligting het aangedui dat ’n vermoedelik gesteelde voertuig langs die N1 na Polokwane beweeg. Operasionele spanne het onmiddellik ’n operasie geloods, die voertuig onder observasie gehou en met aankoms in die stad onderskep.

Ledwaba bevestig die verdagte wat in hegtenis geneem is, verskyn vandag (Woensdag) op ‘n aanklag van die besit van ‘n gsteelde voertuig in die Polokwane-landdroshof.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief