Ma wat kinders dae lank alleen laat, tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Ma (38), wat haar kinders, onderskeidelik vier en vyf jaar oud, in Desember 2024 vir amper vier dae alleen gelaat het, is vir kinderverwaarlosing deur die Phuthaditjhaba-landdroshof vir drie jaar tronk toe gestuur.

AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die kinders het byna die huis afgebrand toe hulle probeer kos kook het. Die gemeenskap, wat agtergekom het wat aan die gebeur was, het die departement van maatskaplike ontwikkeling en die polisie ingelig, waarna ‘n kriminele klagte geopen is. Die ma is opgespoor, in hegtenis geneem en het op 20 Desember 2024 die eerste keer in die hof verskyn. Haar minderjarige kinders is uit die omstandighede geneem en in ‘n plek van veiligheid geplaas.

Volgens die eenheid vir familie, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) van Phuthaditjhaba, saam met die nasionale vervolgingsgesag en die departement van maatskaplike ontwikkeling, stuur die vonnis ’n duidelike boodskap: ouers het die plig om hul kinders te versorg en te beskerm. Kinders het die reg op voeding, klere, onderwys en veiligheid soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief