VRYSTAAT. – ‘n Ma (36) is Vrydag in die Phuthaditjaba-landdroshof vir kinderverwaarlosing tot twee jaar direkte tronkstraf, in geheel vir vyf jaar opgeskort, gevonnis. Die ma het op 7 Augustus 2024 twee minderjarige kinders alleen tuis gelaat en kroeg toe gegaan.
Konst. Maselela Langa sê die klaer het op die betrokke datum ‘n anonieme oproep oor die kinders, onderskeidelik een en vier jaar oud, wat alleen by die huis is, terwyl die ma reeds langer as ‘n dag by die kroeg was, gemaak. Dit was nadat die klaer na die huis is waar die kinders alleen aangetref is en daar sonder sukses na die ma gesoek is.
Die aangeleentheid is aan die polisie rapporteer, waarna die ma gevind en gearresteer is.
Die ma is skuldig bevind aan kinderverwaarlosing en gevonnis.





