NOORDWES. – ‘n Ma (38), ‘n Lesotho-burger, is op Woensdag 21 Februarie deur die Klerksdorp-streekshof vir aanranding van haar 2-jarige kleuterseun met die doel om ernstig te beseer, skuldig bevind en vir vyf jaar tronk toe gestuur.
Lt.kol. Amanda Funani sê die ma het ‘n geveg oor onderhoud met die kleuterseun se pa gehad en daarna die kind se privaat dele op video seergemaak en die video aan die seun se pa gestuur. In die video kon daar gesien word hoe die kleuter skree en huil.
Die ma is in Augustus 2023 in hegtenis geneem en was sedertdien in aanhouding, waarna sy nou tot tronkstraf gevonnis is.
Lt.genl. Sello Kwena het die ondersoekbeamptes van Klerksdorp-GKS vir hulle uitstekende ondersoekwerk geprys. Kwena het ook die pa van die kleuterseun bedank omdat hy na vore gekom het om sy kind te beskerm.





