PRETORIA, GAUTENG. – Die ma van ’n tweejarige dogtertjie se aansoek om meer onderhoudsgeld van die pa te kry, is onlangs deur die Noord-Gautengse hooggeregshof uitgegooi.
Sy het addisionele onderhoudskoste van die kind se pa geëis. Die pa betaal reeds maandeliks R28 500 onderhoud. Sy salaris van R81 000 word verdeel tussen nog twee seuns vir wie hy elk R25 000 per maand betaal en dan die dogtertjie vir wie hy die R28 500 betaal.
Regter Brenda Neukircher het gesê die vrou misbruik die rol van die hof, aangesien sy R64 000 per maand verdien en geen addisionele uitgawes het nie.
Volgens regter Neukircher is die ma in ’n beter finansiële posisie as die pa. Die saak is gevolglik van die rol geskrap.
Bronne: IOL, Joburg Etc

