Die departement van gesondheid het die vervaardiging en verkoop van eetbare produkte wat dagga bevat, gestop.
Dr. Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het reeds op 7 Maart in die Staatskoerant afgekondig daar is kragtens artikel 15 van die wet op voedsel, skoonheidsmiddels en ontsmettingsmiddels regulasies in die skedule gemaak.
Dit verbied die verkoop, invoer en vervaardiging van produkte wat enige gedeelte van die daggaplant, hennep, hennepolie of hennepsaadmeel, bevat.
