Nagskoflede arresteer verdagtes wat ‘by kliniek inbreek’

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Die Pofadder-polisie se skof-D wat Woensdagoggend om 05:30 aan diens was, het op ‘n inbraak in aanvang reageer. Verdagtes is deur die lede gearresteer en gesteelde items is teruggekry.

Lt.kol. Sergio Kock sê die nagskof het inligting van die inbraak by die Blyvooruitsig-kliniek gekry en dadelik tot aksie oorgegaan. Die voertuig van ‘n manlike en vroulike verdagte is op die N14 in die rigting van Aggenys opgemerk en die polisie is agterna. Die voertuig is suksesvol 10 km buite Pofadder tot stilstand gedwing, waarna twee gesteelde rekenaars met ‘n geskatte waarde van R50 000 in die kattebak van die Omoda-sportnutsvoertuig aangetref is. Die man (27) en die vrou (34) is gearresteer en die voertuig is gekonfiskeer.

Kock bevestig die verdagtes sal vir sakeroof en die besit van gesteelde eiendom in die Pofadder-landdroshof voorkom.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief