Maatskappy-eienaar wat ‘vuurwapens verkoop en as gesteel aanmeld’ in hof

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Verdagte (53), die eienaar en direkteur van ‘n veiligheidsmaatskappy in Nelspruit (Mbombela), is gearresteer nadat vuurwapens glo aan ‘n ander veiligheidsmaatskappy verkoop en daarna as gesteel aangemeld is.

Brig. Donald Mdhluli sê die vuurwapens sluit gewere en pistole in. Die beskuldigde staan op ‘n aanklag van meineed tereg. Hy het na bewering ‘n vals aanmelding gemaak, terwyl hy van die verkooptransaksie bewus was. Mdhluli bevestig inligting van die verkooptransaksie is aan die polisie verskaf.

“Die betrokke vuurwapens is aan ‘n wettige entiteit wat hierdie vuurwapens behoorlik geregistreer het, verkoop, wat dit vir wetstoepassingsowerhede onmoontlik maak om dit te konfiskeer.”

Die verdagte het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn en na verwagting kan meer aanklagte teen die beskuldigde gemaak word soos wat die ondersoek vorder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief