Maatskappyhoof wat met ‘skelmpie’ gevang is op verlof geplaas

Lees ook :

Maatskappyhoof wat met ‘skelmpie’ gevang is op verlof geplaas fotokrediet: X

VSA. – Die maatskappyhoof van Astronomer is op verlof geplaas nadat hy en sy “skelmpie”, die maatskappy se hoof van menslike hulpbronne, in ’n omhelsing by ’n Coldplay-konsert gevang is.

Lees ook: KYK: Man met ‘skelmpie’ by Coldplay-konsert uitgevang

Andy Byron is op verlof geplaas en Astronomer het gesê die “raad van direkteure het ’n formele ondersoek begin oor die saak en ons sal binnekort addisionele inligting vrystel”.

Byron, wat getroud is, het weggeduik en Cabot het haar gesig bedek en weggedraai toe hulle op die jumbotron met sy arms om haar op die grootskerm gewys is. Chris Martin, die hoofsanger van Coldplay, het toe opgemerk “óf hulle het ‘n affair óf hulle is net baie skaam”.

Verklarings van Byron wat Donderdag op sosiale netwerke versprei is, blyk vals te wees.

Bronne: BBC, CNN, USA Today

Lees ook: KYK: Man met ‘skelmpie’ by Coldplay-konsert uitgevang

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief