LIMPOPO. – At Mahne (77) het Saterdagaand sy lewe tydens ‘n aanval op die plaas Cosmopolite, in Baltimore, verloor. Sy vrou, Pietro, is met beserings in die Ellisras-hospitaal opgeneem. ‘n Werker van die plaas is as verdagte in hegtenis geneem en word glo positief met die misdaad verbind. ’n Tweede verdagte, wie se identiteit reeds bekend is, word steeds gesoek.
Gawie Lourens van Bosveld Plaasbeveiliging, sê in ‘n sosialemediaplasing Bosveld Misdaad Ondersoeke, saam met die polisie se provinsiale eenheid vir ernstige geweldsmisdade, Tolwe-speurtak en Bosveld Plaasbeveiliging Sekuriteit het inligting ontvang oor die aanval en die moord. Die inligting is nagegaan, waarna die inhegtenisneming plaasgevind het.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming van ‘n verdagte (28) in ‘n verklaring bevestig. Die moord is Saterdag gepleeg, waarna die eerste verdagte Dinsdagoggend vroeg in hegtenis geneem is.
Lees meer hier onder:





