Mak varkie vaar Kathu-strate in

Lees ook :

'n Mak varkie het Kathu se strate ingevaar. Foto: Rhino

KATHU, NOORD-KAAP. – ’n Mak varkie is Vrydag in Kathu se strate deur Rhino-sekuriteitsdienste gevind.

Hy het na bewering in die strate rondgehardloop en inwoners het Rhino ontbied. Met hulle aankoms in die gebied kon hy met gemak gevang word.

Bewys van eienaarskap is verlang om die varkie terug te kry.

Een sosialemediagebruiker het opgemerk dat “Kathu nou regtig ’n plaas word”. Ander het voorgestel dat Varkie sommer geslag moes word.

Volgens Rhino het die dier nie wild te kere gegaan toe hy gevang is nie, en sy relatiewe mak geaardheid laat hulle vermoed dat dit ’n varkie is wat by iemand se huis  as ’n troeteldier aangehou word.

Dit is nie duidelik of die eienaar van die varkie hom al opgeëis het nie.

Bronne: Rhino-sekuriteitsdienste, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief