OOS-LONDEN. – Die EFF-leier Julius Malema en sy voormalige lyfwag, Adrian Snyman, verskyn vandag weer in die hof vir die 2018-vuurwapensaak.
Lees ook: Malema se vuurwapensaak uitgestel
Malema word daarvan beskuldig dat hy tydens die EFF se vyfde bestaansjaarvierings ’n vuurwapen afgevuur het wat Snyman vir hom in 2018 gegee het.
Hy en Snyman word aangekla van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar. Albei het onskuldig op die aanklagtes gepleit.
Die slotargumente van die staat en verdediging word vandag verwag.
Bronne: SABC, EWN, eNCA
Lees ook: Malema se vuurwapensaak uitgestel





