Mamma met ’n droom – Ms Africa Elite 2020 finalis

Lees ook :

Jolene Dippenaar (38) het al baie aan skoonheidskompetisies deelgeneem en droom haar hele lewe lank al daaraan om aan Mej. Suid-Afrika deel te neem. Sy neem vanjaar jaar aan Ms Africa Elite 2020 deel.

“Ons het sowat twee en ’n half jaar gelede Kimberley toe verhuis vanaf Bloemfontein,” vertel Jolene. “Ek het die voorreg gehad om as Mev. Vrystaat 2015 gekroon te word voor ons verhuis het.”

Skoonheidskompetisies as stokperdjie

Sy sê sy neem nog altyd aan skoonheidskompetisies deel, maar net as ’n stokperdjie. “Ek was nog altyd bang om aan sulke groot kompetisies deel te neem. As ’n klein dogtertjie, as Mej. Suid-Afrika gekroon word, was dit ’n groot storie in ons huis. Dit was een van my groot drome as ’n kind. Ek wou altyd op daardie verhoog staan met al die mooi aandrokke.”

“Ek het die droom laat vaar, want ek het toe getrou en kry toe twee pragtige seuns, Ruan (15) en Riaan (13). In Maart 2018 is ’n gewas tussen my hart en longe ontdek. Die nuus was ’n baie groot skok en ek het net weer besef hoe baie daar nog is wat ek wil doen in die lewe. Ek het toe besluit om in te skryf vir Ms Africa Elite 2020.

Jolene saam met haar man en twee seuns.

Finaliste

Die finaliste is op 18 April 2019 aangekondig op Facebook en daar is oor die 50 vrouens wat dié jaar aan die kompetisie deelneem. Die kroning sal in Oktober of November plaasvind.

Waarvolgens leef jy?

“Ek leef as ’n kind van God en hoop dat daar waar ek my merk los in mense se lewe, ek wel ’n verskil gemaak het. Ek is nie perfek nie en ek is net ’n doodgewone ma, wat ook maar net haar droom volg. Soos my oudste seun altyd sê: What doesn’t kill you makes you stronger.”

Wat wil jy vir elke vrou sê?

“Nie een van ons is perfek nie, maar die Here het elke vrou mooi gemaak en elke vrou behoort elke dag so te voel. As jy nie vandag so voel nie, is dit in jou hande om dit te verander. As jy my moet sien by my huis en sonder grimering sal jy nooit kan dink dat ek aan skoonheidskompetisies deelneem nie. Baie van die vrouens sit daar by die huis en wil dit so graag probeer. Party wil so graag net bietjie ’n aandrok aantrek en haar hare mooi gedoen hê. Die begeerte is daar, maar die vrae van is ek goed genoeg of wat gaan die mense sê, is ook daar,” vertel sy.

“Kom ek sê vandag vir jou – elke vrou daar buite is goed genoeg. Dit is nie net so maklik soos om op die verhoog te klim en om ’n sash en ’n kroon te kry nie. Jy werk hard daarvoor, so as jy daardie kroon kry, verdien jy hom. En al hierdie kompetisies soek nie net na daai mooi lyf en skoonheid nie. Meeste van die Mrs-kompetisies soek baie dieper as dit. Dit gaan oor jou persoonlikheid, hoe jy in ‘n groep kan saamwerk. Hulle leer ken jou as vrou en daarop besluit hulle wie daardie kroon sal ontvang.”

“My sterk punt is gewoonlik my welsynsorganisasies. Ek geniet dit om ander te help, maar jou sterk punt kan weer iets anders wees. As daar iemand is wat hulp nodig het, ek sal met die grootste liefde help.”

Kostes verbonde

“Dit is baie duur om heeltyd op en af te ry vir die kompetisies, dus probeer baie van ons borge kry om te help met van die uitgawes, maar dit is baie moeilik om in hierdie stadium borge te kry.”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief