Die LUR van gesondheid in die Noord-Kaap, Mase Manopole, het ’n onaangekondigde besoek gedoen om die gereedheid van nooddiensvoertuie vir gemeenskappe in Sol Plaatje se munisipale gebied te bepaal.
Manopole het gister begin met die doel om noodmediesedienste in die Noord-Kaap te verbeter.
Lesang Lekwene sê op die Facebook-plasing van die gesondheidsdepartement: “Dit is ’n stap in die regte rigting. Dankie LUR. Hierdie besoeke by hospitale is nodig.”
Diteko Dioka sê op die Facebook-plasing: “Dit is ’n goeie begin.”
Dikgang Stock sê: “Dankie LUR dat jy die visie van ’n moderne, groeiende, suksesvolle provinsie implementeer.”
Manopole het op die menings reageer en gesê: “Dankie vir almal se terugvoer. Ek neem kennis daarvan, maar sal nie op die blad daarop antwoord nie, maar dit met aksie bewys. Laat ons saam die provinsie laat groei.”