Man (64) sterf in plaasaanval

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – ‘n Man (64) is Sondag op ‘n eiendom in Groenfontein op ‘n plaas in die Bronkhorstspruit-polisiëringsarea doodgemaak. Hy het steekwonde opgedoen en sy keel was gesny.

AO Johan van Dyk sê die polisie is omstreeks 18:15 van die plaasaanval ingelig. Met aankoms op die toneel is die oorledene aan die polisie uitgewys.

“Die getuie het rapporteer die slagoffer het die plaas op Saterdag 24 Augustus 2024 omstreeks 08:00 verlaat. Die getuie kon die volgende dag nie die oorledene in die hande kry nie en is Sondag omstreeks 17:30 na die slagoffer se woning. Met aankoms het hy die oorledene ontdek waar hy in ‘n plas bloed lê en het dadelik die SAPD gekontak.”

Van Dyk sê nooddienste het die man op die toneel dood verklaar. Hy het vyf steekwonde aan sy rug gehad en sy keel was gesny. Die toneel is deur misdaadtoneeldeskundiges gefynkam.

“Items wat as gesteel aangemeld is, sluit ‘n Toyota Hilux-bakkie, ‘n selfoon en ‘n skootrekenaar met ‘n gesamentlike waarde van ongeveer R300 000 in.”

Die gesteelde bakkie is later verlate op die Arborpad teruggevind.

Van Dyk sê die verdagtes is nog nie geïdentifiseer nie, maar die ondersoek duur voort.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens doen ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting van die insident na vore te kom, om die verdagtes te identifiseer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief