LIMPOPO. – Johan Herman Woortmeyer (50) is sedert 8 Junie omstreeks 13:00 van sy huis in Hoogstraat 40, Polokwane, vermis nadat hy gaan stap het.
Sers. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, sê die hulp van die publiek word gevra om Woortmeyer met sy familie te herenig. Woortmeyer het gaan stap en nog nie weer na sy huis teruggekeer nie. Hy was in ‘n blou broek, wit-en-blou geruite hemp, ‘n blou baadjie en ligtebruin stewels geklee. All pogings tot dusver aangewend om hom op te spoor, was onsuksesvol.
Enigiemand wat weet waar Woortmeyer hom bevind, kan sers. Mokgadi Molope by 082 728 9831 bel.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





