Man beweer ma is dood na sy Johnson & Johnson se babapoeier gebruik

Lees ook :

Man beweer ma is dood na sy Johnson & Johnson se babapoeier gebruik fotokrediet: Canva

Lees ook: Johnson & Johnson gaan byna $6.5 mjd. betaal in kankersake

VK. – ‘n Man het beweer sy ma is dood aan ovariumkanker wat deur Johnson & Johnson’s se babapoeier veroorsaak is. Die vrou se familie sluit aan by die hofsaak teen Johnson & Johnson oor asbestos wat glo in hulle babapoeier is, wat kanker kan veroorsaak.

Richard Wright (46) van Rayleigh, Essex, se ma, Maureen, is oorlede aan ovariumkanker toe hy 13 jaar oud was. Wright, sy pa en broers glo haar dood is veroorsaak deur haar gebruik van babapoeier wat asbestos bevat het.

Daar is tans ‘n hofsaak met 2 000 mense teen Johnson & Johnson, wat die grootste verkoper van die babapoeier is, aan die gang.

Johnson & Johnson het ontken dat daar enige verband tussen hulle babapoeier, asbestos en kanker is, maar dit het reeds meer as $6 mjd. betaal om sake van ovariumkanker in die VSA te skik. ‘n Verdere $4 mjd. is ook betaal aan mense wat met mesotelioom, ‘n kwaadaardige gewas, gediagnoseer is.

Bronne: The Mirror, Daily Mail, Yahoo News

Lees ook: Johnson & Johnson gaan byna $6.5 mjd. betaal in kankersake

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief