Lees ook: Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet
VSA. – ‘n Man dagvaar United Airlines na ‘n stukkie metaaldraad tydens ‘n maaltyd op ‘n vlug in sy keel vasgesteek het.
Die man, wat op ‘n vlug van Washington na Berlyn was, het mediese hulp nodig gehad na die draad in sy keel vasgesit het.
Bastian Bromse het gesê hy was 27 Mei 2023 op die vlug besig om die ete wat die lugredery verskaf te geniet toe ‘n stukkie draad wat glo in sy kos was, in sy keel beland het.
Hy moes mediese hulp ontvang om die draad te laat verwyder wat “erge ongemak en pyn” veroorsaak het.
Bromse wil $170 000 se skadevergoeding hê.
Bronne: The Independent, INKL, PYOK
Lees ook: Nasionale Vervoerveiligheidsraad hou verhoor oor Boeing 373 na paneel losskiet





