Lees ook: Vermiste persoon gevind, moord word ondersoek
DAWNCREST. – ’n Man (24) is Vrydag in ’n fratsongeluk dood toe sy eie voertuig oor hom gery het.
Volgens die reaksie-eenheid van SA (Rusa) het die man uit sy voertuig geklim om die hek oop te maak en was op pad terug na sy voertuig toe dit teen die oprit afgerol en oor hom gery het.
Lede van die reaksie-eenheid is ontbied en het sy liggaam gevind waar dit onder die voertuig vasgekeer was.
Bronne: Facebook





