KWAZULU-NATAL. – ’n Man in sy veertigs is Vrydagoggend in Nottingham Place, Mobeni, in die suide van Durban, doodgeskiet.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens is net voor 08:00 met talle oproepe na die skiettoneel ontbied. Met hul aankoms het paramedici ’n man met verskeie skietwonde aan sy liggaam in ‘n kritieke toestand aangetref. Gevorderde lewensondersteunende paramedici het alles moontlik gedoen om hom te stabiliseer. Die man het egter ‘n hartstilstand gehad en ondanks langdurige resussitasiepogings is hy dood verklaar.
Jamieson sê die polisie was op die toneel en het ’n saak van moord geopen. Die oorsaak van die voorval is nog onbekend en ondersoeke duur voort.





