PIETERMARITZBURG, KZN. – Een persoon is omstreeks 3:00 Saterdagoggend dood in ’n ongeluk op die M3 na Pietermaritzburg.
Volgens ALS Paramedics het die ongeluk naby die Shongeni-wisselaar plaasgevind. ’n Voertuig het teen betonversperrings gebots en teen ’n padwerkstruktuur te lande gekom.
Een man van ongeveer 30 jaar oud het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Nog twee persone het ernstige beserings opgedoen en moes op die toneel gestabiliseer word voordat hulle na ’n hospitaal vervoer is.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die SAPD ondersoek die omstandighede.
Bronne: ALS Paramedics Medical Services





