Man dood in plas bloed aangetref

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (21) is Sondagoggend in Mhlasini waar hy gewoon het, dood in ‘n plas bloed aangetref.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die diens is deur ‘n verbyganger na die toneel ontbied waar die lewelose man met ‘n bloeiende steekwond in die nek aangetref is. Hy is op die toneel dood verklaar.

‘n Familielid het reaksiebeamptes ingelig die oorledene het hom kort voor sy moord besoek. Hy het ‘n besering aan sy gesig gehad. Volgens sy verduideliking het hy die besering die vorige aand tydens ‘n struweling met ‘n onbekende persoon opgedoen.

Rusa sê dit kan nie bevestig word of die struweling met die persoon tot die oorledene se moord gelei het nie.

Nuusflits het polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief