KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Saterdag doodgeskiet in die passasiersitplek van ‘n motor in Toddstraat in Verulam aangetref.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê hulp is omstreeks 18:30 ontbied. Met aankoms op die toneel is ‘n man, vermoedelik in sy 30’s, vooroorgebuig in die voorste passasiersitplek van ‘n Toyota Etios aangetref. Hy het ‘n skietwond aan sy kop gehad.
Die motor se sleutel was nog in die aansitter en die voor- en agterruite was stukkend geskiet.
“Getuies het die beamptes ingelig hulle het opgemerk ‘n man parkeer die motor en stap weg. Die voorkant van die motor het skade van ‘n ongeluk.”









