Man doodgeskiet toe hy langs pad stilhou

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Man (45) is Vrydagaand omstreeks 19:30 doodgeskiet nadat hy met sy voertuig langs die pad in Hlalanikahle, naby Vosman gestop het.

Kol. Donald Mdhluli sê: “Die polisie in Vosman stel ondersoek in na die kaping en roof wat tot moord gelei het.”

Volgens inligting tot die polisie se beskikking het die slagoffer ‘n Toyota Hilux GD-6 Club Cab van ‘n maatskappy bestuur toe hy langs die pad stilgehou het en deur kapers aangerand en beroof is. Hy is daarna geskiet voordat die verdagtes in ‘n voertuig gevlug het.

Die polisie is besig met ‘n ondersoek oor die gebeure.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief