Man doodgeskiet toe polisie reageer op klagte van huishoudelike geweld

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Man (46) is Maandagaand doodgeskiet toe die polisie op ‘n klagte van huishoudelike geweld reageer het.

Brig. Hlulani Mashaba sê polisielede is omstreeks 23:30 na die adres in Ga Nchechane-woonbuurt ontbied. Op die toneel het hulle die man, wat vyandig was, teëgekom. Hy was met ‘n lem en hamer gewapen. Die polisielede het die situasie probeer kalmeer toe die man hulle glo aangeval het.

‘n Polisielid het verskeie ernstige beserings opgedoen. Terwyl die lid op die grond gelê het, het die man hom na bewering bly aanval en hom ontwapen. Nog ‘n polisielid het die gevaar neutraliseer en die man noodlottig gewond. Die polisielid moes mediese behandeling ontvang.

Opod is in kennis gestel en ‘n ondersoek is onderweg.

Die Mankweng-polisie het sake van geregtelike doodsondersoek en poging tot moord geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief