Man doodgeskok by karwas

Lees ook :

'n Man het vanoggend by dié karwas in Kimberley na bewering doodgeskok.

‘n Man is vanoggend na bewering doodgeskok terwyl hy ‘n kar gewas het.

Lt. kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek nadat ‘n man vanoggend na bewering deur
masjinerie by ‘n plaaslike karwas in Longstraat geskok is.

Sergio Daniels, eienaar van die perseel waar die karwas is, sê aan FiND iT die man was besig om met ‘n hoëdruk-skoonmaker water van die perseel af te spuit. Die man was kaalvoet. Hy het ewe skielik begin skree en ruk. Daniels het op die man afgekom, maar die man was volgens Daniels reeds oorlede.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief