Afgedankte werkers protesteer teen onreëlmatigheid by Sol Plaatje-munisipaliteit, sê verteenwoordiger

Lees ook :

’n Groot groep werkers wat in Februarie afgedank is, het vanoggend op 12 Maart 2019 voor die munisipale gebou bymekaargekom in afwagting op ’n uitspraak van die munisipale bestuurder om te hoor of hulle mag terugkeer werk toe.

Die werkers het aan FiND iT gesê hulle protes is teen verskeie kwessies wat onder andere die onreëlmatige afdanking van werkers insluit. “Ons is baie kwaad oor al die onreëlmatighede wat by die munisipaliteit plaasvind. Ons wag op terugvoering van die munisipale bestuurder wat tans in ’n vergadering is om ’n oplossing vir ons eise te vind.”

Lede van die Suid-Afrikaanse munisipale werkersunie (SAMWU) was teenwoordig.

Thoko Riet, ’n woordvoerder by Sol Plaatje-munisipaliteit, sê: “Die werkers is van die departement van vervoer, paaie en openbare werke. Hulle is in Februariemaand afgedank. Die werkers eis hulle werk terug. Instruksie is aan die werkers gegee om by die stadsaal te vergader totdat ’n oplossing gevind is.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief