Vergeet van Momo – tieners van vandag is besig met beter dinge!
Die hutsmerk #challenge op Instagram en Facebook daag tieners uit om ’n foto van hulleself in ’n area van hulle dorp of stad te neem wat baie vuil is. Dié area maak hulle dan self skoon en neem ’n foto na die tyd.
Skoonmaak-projekte
Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT, sê FiND iT bied ondersteuning vir tieners en skole wat dié projek in Kimberley wil aanpak. “Ons het al baie skoonmaak-projekte gedoen en raak graag betrokke. As jy so iets in jou buurt wil doen, kontak ons as jy nie weet waar en hoe om te begin nie.”
Die #cleanupchallenge voer aan tieners wat verveeld is, kan iets met hulle tyd doen, soos skoonmaak. Parke, strande, sypaadjies en strate word skoongemaak.
Die uitdaging is deur ‘n Facebook-lid, Byron Román, begin, onder die hutsmerk #trashtag.
Stuur jou foto’s
Foto’s van die #cleanupchallenge kan aan jana@find-it.co.za gestuur word.
Hier is foto’s van tieners wat al dié uitdaging meegemaak het: