OOS-KAAP. – ’n Man (29) en twee kinders, onderskeidelik 4 en 6 jaar oud, is dood nadat ’n huis vroeg Sondagoggend in Banto Holomisa-straat in Khayamnandi, Despatch, afgebrand het.
Volgens die polisie het beamptes hulle ná 02:00 die oggend na die brandende huis gehaas. Met aankoms was die huis reeds tot op die grond afgebrand. Nadat die brand geblus is, is die liggame in die puin gevind.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die name van die oorledenes sal eers bekend gemaak word nadat die formele identifikasie afgehandel is.
Die ondersoek na die oorsaak van die brand duur voort.





