Man en vrou in huis doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Die polisie ondersoek ’n dubbele moord nadat ’n man (45) en vrou (35) vroeg Sondagoggend in hul huis in die Chochocho-gebied naby Masoyi doodgeskiet is.

Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die twee slagoffers was glo aan die slaap toe onbekende verdagtes toegang tot hul huis geforseer en op hulle geskiet het. Albei is op die toneel dood verklaar. Die polisie het intussen ’n soektog na die verdagtes van stapel gestuur. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief