Man en vrou sterf ná skietvoorval

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Man (54) het glo Sondagmiddag eers sy vrou (27) in Dirk Winterbachstraat, langs Twin City Mall, geskiet en daarna die wapen op homself gedraai. Die Burgersfort-polisie is besig met ‘n moord en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, brig. Hlulani Mashaba, het die voorval kort voor 14:00 plaasgevind. Polisiebeamptes is na ‘n klagte van ‘n skietery ontbied. Met aankoms op die toneel is ‘n man en vrou met skietwonde in ‘n stegie aangetref. Die man en vrou is na ’n hospitaal gehaas, maar het later aan hul beserings beswyk. Volgens voorlopige inligting het die vrou glo langs die straat gestaan toe ’n blou Audi met Gauteng-registrasie langs haar stilgehou het. Die bestuurder, haar man, het glo uitgeklim en haar geskiet voordat hy die wapen op homself gerig het. Die presiese motief is nog onbekend, maar die moontlikheid van huishoudelike probleme word ondersoek.

’n Pistool en leë patroondoppies is op die toneel gevind. Tydens ’n deursoeking van die voertuig is ’n geweer, asook ammunisie vir albei die vuurwapens ontdek. Voorlopige bevindings dui daarop dat die wapens aan die man behoort het. Daar is vir verdere ondersoek op die vuurwapens, magasyne en ammunisie, asook die voertuig, beslag gelê.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, het haar kommer oor die voorval uitgespreek en gesê dit wys weer op die ernstige gevolge van geslagsgebaseerde geweld en onverantwoordelike hantering van vuurwapens. Sy het ’n beroep op vuurwapeneienaars gedoen om verantwoordelik op te tree en hulp te soek voordat konflik hand uit ruk. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief