Man gewond in struweling tydens huisroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – ’n Man (64) is ernstig gewond nadat ’n struweling tydens ’n huisroof in Melodie, Hartbeespoortdam, tot ’n skietvoorval gelei het. Die koeël het by sy kaak ingegaan en is agter by sy nek uit.

Kol. Anne Magakoe sê die polisie was Sondag omstreeks 01:20 na ‘n klagte van ‘n skietery waar nooddienste besig was om mediese behandeling op ‘n bejaarde man toe te pas. Hy is ná die voorval dadelik na ’n hospitaal geneem en is steeds opgeneem.

Twee verdagtes het in die vroeë oggendure toegang tot die woning verkry deur ‘n kombuisvenster te verwyder. Een van die verdagtes, wat glo gewapen was, het die inwoners gekonfronteer, waarna ’n fisiese struweling uitgebreek het. Tydens die voorval is die slagoffer in die kop geskiet en het hy ernstige beserings opgedoen. Die verdagtes het met twee selfone van die toneel gevlug. Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie en die polisie ondersoek die saak verder.

Magakoe sê Noordwes-polisie veroordeel die aanval en volg alle leidrade op om die verdagtes aan die pen te laat ry. Die kolonel sê voorts pogings om gewelddadige misdade te bekamp, word verskerp ná dié huisroof. Enigiemand met relevante inligting kan speur.sers. Brian Chuma by 072 555 8151 bel.

Volgens Hartbeespoort Nuus se beriggewing was die man, saam met sy vrou (63) en twee kleinkinders tuis tydens die huisroof deur vier verdagtes. Twee het die huis betree en twee het buite gewag. Die ernstig beseerde bejaarde man is tans in die Milpark-hospitaal in die intensiewesorgeenheid waar sy dogter sy toestand as stabiel bestempel het.

Maverick Omroeper het ‘n foto van die beweerde verdagtes wat deur PWV Security Surveillance – CCTV afgeneem is, gedeel.

Bronne: H.E.M.S., SAPD, Hartebeespoort Nuus, Maverick Omroeper

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief