Man glo deur ‘drinkebroer’ doodgekap

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Saterdagmiddag laat met ‘n panga in Riyadh doodgekap, vermoedelik deur sy “drinkebroer”.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is omstreeks 18:15 ontvang. Met aankoms op die toneel is reaksiebeamptes en paramedici deur die gemeenskap na die toneel beduie. Die oorledene is dood verklaar.

Volgens omstanders het die oorledene en ‘n vriend, die verdagte, saam gedrink en toe begin argumenteer. Die verdagte het glo ‘n panga in sy huis gaan haal en sy vriend na bewering doodgekap. Hy het daarna gevlug.

Besonderhede van die argument is onbekend.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief