Man hang van boom na hy glo vrou vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die liggaam van ‘n man (45) is Donderdag gekry waar dit aan ‘n boom gehang het. Die oorledene het na bewering Maandag sy vrou (42) vermoor.

Kol. Malesela Ledwaba sê die man het glo tydens ‘n huishoudelike dispuut sy vrou by hulle huis in Ntoane met ‘n mes doodgesteek en was sedertdien aan’t vlug. Die vrou is met aankoms by die hospitaal dood verklaar. Dennilton-polisie ondersoek die vrou se moord en het nou ook ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Ledwaba bevestig die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die man hulp ontvang het om die owerhede te ontduik en herinner daaraan dat dit ‘n ernstige en strafbare oortreding is om ‘n misdadiger te huisves.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief