Man hang van boom na hy glo vrou vermoor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die liggaam van ‘n man (45) is Donderdag gekry waar dit aan ‘n boom gehang het. Die oorledene het na bewering Maandag sy vrou (42) vermoor.

Kol. Malesela Ledwaba sê die man het glo tydens ‘n huishoudelike dispuut sy vrou by hulle huis in Ntoane met ‘n mes doodgesteek en was sedertdien aan’t vlug. Die vrou is met aankoms by die hospitaal dood verklaar. Dennilton-polisie ondersoek die vrou se moord en het nou ook ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Ledwaba bevestig die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat die man hulp ontvang het om die owerhede te ontduik en herinner daaraan dat dit ‘n ernstige en strafbare oortreding is om ‘n misdadiger te huisves.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief