Man hou glo kleuterseun gyselaar en steek hom

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man het na bewering Woensdagoggend ‘n seun (2) by ‘n huis in Metsimahalo, in Oranjeville, gyselaar gehou. Die kleuter is verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek en die man het glo boonop gedreig om sy keel af te sny.

Sers. Josephine Rani sê polisielede het hulle na die toneel gehaas, waarna die man in die linkerkuit gewond en die kleuter gered is. Die kleuter is vir dringende mediese hulp na ‘n kliniek geneem. Die man is vir poging tot moord in hegtenis geneem en verskyn vandag op aanklag van poging tot moord in die Heilbron-landdroshof.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief