Dept. van gesondheid reik waarskuwing uit na geval van aappokke in SA

Lees ook :

Departement van gesondheid reik waarskuwing uit na geval van aappokke in SA
Departement van gesondheid reik waarskuwing uit na geval van aappokke in SA fotokrediet: Canva

Lees ook: Ramaphosa onderteken môre NGV-wet

Die departement van gesondheid het ’n waarskuwing uitgereik na ’n man in Gauteng met aappokke gediagnoseer is.

Gesondheidsminister Joe Phaahla het mense gewaarsku om versigtig te wees. ’n Voorlopige ondersoek wys die man het nie onlangs gereis na ’n gebied met ’n uitbraak van die siekte nie. Die departement is op soek na mense met wie hy moontlik in kontak kon gewees het.

Aappokke is nie hoogs oordraagbaar tussen mense nie, maar mense moet steeds versigtig wees. Simptome sluit ’n pynlike uitslag, vergrote limfknoppe en koors in.

Bronne: EWN, Sunday World, The Citizen

Lees ook: Harry en Meghan se Archewell Foundation in moeilikheid oor onbetaalde fooie

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief