Man in Galeshewe vermoor

‘n Man (31) is vanoggend ongeveer 04:00 in Lathli Mabilostraat in Galeshewe vermoor. Die man, wat in sy rug en regterhand geskiet is, het na bewering saam met twee ander mense van die plaaslike kroeg na sy huis geloop. ER24 het die man, wat reeds kritiek was met hulle...

‘n Man (31) is vanoggend ongeveer 04:00 in Lathli Mabilostraat in Galeshewe vermoor.

Die man, wat in sy rug en regterhand geskiet is, het na bewering saam met twee ander mense van die plaaslike kroeg na sy huis geloop.

ER24 het die man, wat reeds kritiek was met hulle aankoms, op die toneel behandel, maar die man het tydens die behandeling aan sy beserings beswyk.

Die polisie in Galeshewe ondersoek ‘n saak van moord. Geen verdagtes is nog in hegetenis geneem nie.

Jy kan help

”Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om indien hulle enige inligting het wat tot die inhegtenisneming van die verdagte kan lei, speurdersersant Chrisna von Wielligh van Galeshewe te kontak by 082 469 0547,” vra sersant Majang Skalkie.

Laura Wolvaardt teken meeste punte sover by ODI aan vir Proteas

Vandag is Wêreldkunsdag

Kan jy die naam van Bernice se volgende enkelsnit raai?

Man van Kroonstad sedert fratsvloede vermis

Boulders Beach tweede beste strand ter wêreld

Man verdrink op Saldanhabaai

Dink mooi voordat jy ’n onderwyser word

Christine van OME! deel verlowingsvideo

Voetgangers sterf toe voertuig in hulle inploeg

KYK: Dirk van der Westhuizen se hartroerende besoek aan kankerpasiënt

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde