Lees ook: Tien mense beseer in nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk
POLOKWANE. – ’n Man is in hegtenis geneem na hy glo tydens ’n sakeroof in Polokwane deur sy medepligtige geskiet is.
Volgens die polisie het ’n groep gewapende verdagtes by ’n winkel ingegaan en geld geëis. Een van die werknemers het ’n staaldeur toegemaak, waarna ’n gewapende verdagte met hom handgemeen geraak het. Die twee het oor die besit van die wapen baklei toe ’n skoot glo afgegaan het en een van die ander verdagtes getref het.
Sy medepligtiges het gevlug en hy is in hegtenis geneem. Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy word aangekla van sakeroof en poging tot moord.
Die polisie is nog op soek na sy medepligtiges wat met ’n onbekende hoeveelheid geld weggekom het.
Bronne: SAPD
Lees ook: Tien mense beseer in nog ’n Boeing-vliegtuigongeluk





