Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996

Lees ook :

Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996
Man in hegtenis vir moord op Tupac Shakur in 1996 fotokrediet: Facebook

Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort

LAS VEGAS, VSA. – ’n Man is Vrydag in hegtenis geneem vir die moord op kletsrymer Tupac Shakur in 1996. Shakur (25) is in 1996 vier keer geskiet in ’n verbyryskietery terwyl hy by ’n boksgeveg op die Las Vegas-boulevard was.

Die voormalige bendeleier, Duane “Keffe D” Davis (60), is in hegtenis geneem op een aanklag van moord na sy vrou se huis in Julie deursoek is.

Davis het glo voorheen erken hy was daar toe Shakur geskiet is en het dit sien gebeur. Die ander mense wat glo by die moord betrokke was, is oorlede. Die polisie het gesê Davis het die skietery beplan na sy neef en Shakur ’n argument by ’n casino gehad het.

Davis sal na verwagting die week in die hof verskyn.

Bronne: 702, The Telegraph, CBS News

Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak gaan voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief