GAUTENG. – ’n 45-jarige man is Woensdag buite Milpark-hospitaal doodgeskiet nadat hy glo ’n vriend daar besoek het.
Volgens kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, is die man verskeie kere in die parkeerarea van die hospitaal geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die polisie het ’n saak van moord geopen en die omstandighede rondom die skietvoorval word tans ondersoek. Die motief is nog onbekend en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.
Milpark Hospital, JHB, shooting: A man was shot dead in the parking lot last night.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) October 2, 2025
He was shot 15 times
in what clearly was a hit.
Sources say the victim was an “underworld figure” from the East Rand. He has been linked
to murders and was apparently also involved in gangs.…





