KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het Vrydag in sy oprit in Dawncrest gestaan toe hy glo deur vier verdagtes oorval en sy huis ingedwing is.
Reaction Unit South Africa sê na bewering het ‘n wit VW Polo, met ‘n onbekende registrasienommer, in Blue Crane-rylaan gestop en die man oorweldig. Hy is die huis ingedwing waar hy en nog drie gesinslede aangehou en beroof is. Die verdagtes het selfone, juwele en sleutels van drie voertuie op die perseel gebuit en gevlug.
Niemand is beseer nie.
Rusa het sonder sukses na die gewapende verdagtes gesoek.





