Man in pad doodgeskiet

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Saterdagoggend net na 07:00 op die Riversidepad in Durban-Noord doodgeskiet.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het op die toneel aangekom waar ander dienste en rolspelers reeds teenwoordig was. Paramedici is na die man met verskeie skietwonde geneem, waarna hy dood verklaar is.

Die omstandighede van die skietinsident word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief