KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Saterdagoggend net na 07:00 op die Riversidepad in Durban-Noord doodgeskiet.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê dié diens het op die toneel aangekom waar ander dienste en rolspelers reeds teenwoordig was. Paramedici is na die man met verskeie skietwonde geneem, waarna hy dood verklaar is.
Die omstandighede van die skietinsident word deur die polisie ondersoek.